8. DIE PERSOON EN BEDIENING VAN DIE HEILIGE GEES

INLEIDING

“It is because the church has lost sight of the fact that the Holy Spirit is the Administrator of her affairs in this dispensation of grace that she is so devoid of spiritual power in a world of need.” Herbert Lockyer

“With the blessed Holy Spirit there is no Yesterday or Tomorrow – there is only the everlasting Now. And since He is altogether God, enjoying all the attributes of the Godhead, there is with Him no Elsewhere; He inhabits an eternal Here. His center is Everywhere; His bound is Nowhere. It is impossible to leave His presence, though it is possible to have Him withdraw the manifestation of that presence.

Our insensibility to the presence of the Spirit is one of the greatest losses that our unbelief and pre-occupation have cost us. We have made Him a tenet of our creed, we have enclosed Him in a religious word, but we have known Him little in personal experience. Satan has hindered us all he could by raising conflicting opinions about the Spirit, by making Him a topic for hot and uncharitable debate between Christians. In the meanwhile our hearts crave Him, and we hardly know what the craving means.”

A.W. Tozer

“If the Church will return to acknowledge that the Holy Spirit is her strength and her help, and if the Church will return to give up everything, and wait on God to be filled with the Spirit, her days of beauty and gladness will return. We will see the glory of God revealed among us." This is my message to every individual believer: "Nothing will help you unless you come to understand that you must live every day under the power of the Holy Spirit."

“To every one who honestly desires, not only to know that he has the Spirit, but to know Him in His person, and as a personal possession and Teacher, we say: Study the teaching of the Word in regard to the Spirit. Be not content with the teaching of the Church or of men about the Spirit, but go to the Word. Be not content with your ordinary 'reading of the Word, or what you already know of its doctrines. If you are in earnest to know the Spirit, go and search the Word specially with this view, as one thirsting to drink deeply of the water of life. Gather together all the Word says of the Spirit, His indwelling and His work, and hide it in your heart. Be determined to accept of nothing but what the Word teaches, but also to accept heartily of all it teaches.” Andrew Murray

“The Holy Spirit begins, carries on, and consummates in us all spiritual feeling, all spiritual worship, all spiritual life and energy. There is nothing more hollow and unreal than religion without the Holy Spirit. That which is external and superficial, that which manifests itself in mere dress, and music, and routine service may flourish without Him; no, can only flourish in His absence. But the deep and the real must be His work from first to last. The Spirit is absolutely necessary to a religion of love, and liberty, and joy. Mere 'religiousness' is at every man's command. Any man may get it up in a day. But true 'spirituality' comes from above, and is the product of the Spirit dwelling and working in the heart. “ Horatius Bonar

The presence of Jesus always accompanies the voice of the Holy Spirit. David Wilkerson

  • Misverstande oor en ‘n verkeerde / misplaaste verhouding met die Heilige Gees is ‘n groot oorsaak van geestelike armoede in baie gelowiges se lewens.
  • Ons moenie tevrede wees met enigiets minder as die volle spektrum van die Heilige Gees se bedieninge aan en in ons nie! Ons moet ons lewens toets aan wat die Nuwe Testament leer oor Sy Persoon en Bediening.
  • Ons kan nie geestelik wandel, oorwin en getuig sonder die volheid van die Heilige Gees nie en moet dit dus die absolute prioriteit van ons lewens maak.
  • Die kosbare realiteit van Heilige Gees se inwoning as die kenmerkende heerlikheid van die Nuwe Testament moet geëer en waardeer word… “moet Hom nie bedroef nie (Efes. 4:30)”. “Met jaloersheid begeer die Gees…” (Jak. 4:5).
  • Weereens, objektiewe en subjektiewe kennis van die Heilige Gees is nodig.
  • Jesus se werk is afgehandel, die Heilige Gees s’n gaan gedurig voort.
  • Ons kan nie ‘n enkele tree groei in ons geestelike lewe sonder die bediening van die Heilige Gees nie. Daarom is ons absoluut afhanklik van Hom.
  • Ons kan geen openbaring van waarhede uit die Skrif ontvang sonder die bediening van die Heilige Gees nie.
  • Ons kan nie ‘n enkele mens beweeg om die evangelie te glo sonder die bediening van die Heilige Gees nie.
  • Dit is dus duidelik dat alles in ons lewens en in die gemeentelewe onder die absolute beheer en leiding van die Heilige Gees moet wees. Bybel lees, Bybelstudie, prediking, in die luister na prediking, gebed, lofprysing, sang, intersessie, getuienislewering, ens.
  • Pasop vir die twee ekstreme posisies: Aan die een kant die wat nie hulle identiteit en vervulling in Christus besef en omhels nie en daarom gedurig bloot ervaringe (soos teenoor Sy konstante bediening in ons) van die Gees soek om daaruit vervulling te kry en aan die ander kant die wat tevrede raak met posisionele waarhede en nie die volle ontplooiing van dit wat ons reeds in Christus besit najaag nie.
  • In Christ we have the fellowship of the Spirit and in the fellowship of the Spirit we experience the fullness of the Christ-life. In Christus het ons volle toegang tot die gemeenskap van die Gees (Fil. 2:1) en in die gemeenskap van die Gees ervaar ons die volheid van die Christus-lewe.
  • Ons moet akuut bewus wees van die teenwoordigheid van die Heilige Gees in ons en in ons midde, d.w.s. in die gemeente.

DIE DOEL VAN HIERDIE LERING (Hoekom is dit belangrik?):

  • Om diep in ons hart beïndruk te word met dit wat die Bybel leer oor die persoon en bediening van die Heilige Gees.
  • Om die ortodokse Christelike leer van die fundamentele waarhede oor die Heilige Gees te erken, te waardeer en jou eie te maak.
  • Om alle mites oor die persoon en bediening van die Heilige Gees wat jy mag koester uit die weg te ruim en in die plek daarvan die heerlike Bybelse leer te omhels.
  • Om seker te maak dat jy ten volle vertroud is met die betekenis en waarde van die primêre bediening van die Heilige Gees, naamlik om Christus in en deur jou te openbaar.
  • Om die innerlike salwing van die Heilige Gees te waardeer, te erken en te gehoorsaam.
  • Om seker te maak dat jy nie die Gees uitblus deur vrees vir Sy werkinge, verkeerde idees, ens nie.
  • Om te verstaan wat bedoel die Skrif met ‘bedroef nie die Gees nie’ en om dan dienooreenkomstig ingestel te wees.
  • Om weer te toets waar jy staan met die gawes van die Heilige Gees en of jy oop is vir dit wat God deur jou wil bedien aan die gemeente.
  • Om akuut bewus te wees daarvan dat die Heilige Gees die uitvoerende gesag van die Godheid op die aarde is en dat ons daarom totaal afhanklik is van Hom.
  • Om jou lewe totaal oop te stel vir alles wat God jou mee wil bedien deur Sy Gees.

MITES (VALS IDEES OOR HIERDIE ONDERWERP)

MITE 1: Die Heilige Gees is slegs ‘n invloed en nie ‘n persoon nie.

DIE WAARHEID: Die Heilige Gees is die kosbare derde persoon in die Drie-eenheid en moet geëer word as God.

MITE 2: Die Heilige Gees is nie God nie.

DIE WAARHEID: Die Heilige Gees het al die attribute van die Godheid en word in dieselfde asem genoem as die Vader en die Seun en in wese gelyk gestel met hulle.

MITE 3: Die Heilige Gees kan nie onderskei word van die Vader en die Seun nie.

DIE WAARHEID: Alhoewel die Heilige Gees in die Skrif beide die Gees van God (die Vader) en die Gees van Christus (die Seun) genoem word, word Hy ook baie duidelik onderskei van hulle.

MITE 4: Die Heilige Gees het Jesus na Sy hemelvaart vervang en daarom moet ons na ons wedergeboorte meer van Hom leer en nie eintlik so baie van Jesus nie.

DIE WAARHEID: In die baie belangrike lering in Johannes 14 tot 16 het Jesus dit duidelik gemaak dat die Heilige Gees se primêre bediening die verheerliking van Jesus is.

MITE 5: Ons hoef nie te konsentreer op die persoon en bedieninge van die Heilige Gees nie, want Hy is net hier om ons van Jesus te leer (Jn. 16:14).

DIE WAARHEID: Alhoewel die Heilige Gees die aandag baie duidelik op Jesus fokus, is dit tog ook so dat die Skrif vir ons baie spesifieke lering oor die persoon van die Heilige Gees en ook die omvang van Sy vele bedieninge deurgee. Dit is dus ons verantwoordelikheid en vreugde om die Skrif in hierdie verband te ondersoek, aangesien die Heilige Gees tog die derde Persoon in die Godheid is.

MITE 6: Omdat die Heilige Gees ervaring gee, het ons slegs ervaring nodig om Hom te ken en nie objektiewe data uit die Skrif nie.

DIE WAARHEID: Dit is veral belangrik as dit by die werkinge van die Gees kom dat ons die skrifgegewens sal bestudeer om nie deur allerhande onskriftuurlike subjektiewe ervarings meegesleur te word nie.

MITE 7: Die Heilige Gees. werk net middellik en indirek en nie onmiddellik en direk in ons lewens nie.

DIE WAARHEID: Die unieke karakter van die nuwe verbond is dat ons almal die Heilige Gees binne-in ons het en Hy begeer dat ons sensitief sal wees vir Sy direkte innerlike leiding.

MITE 8: Ons hele wandel vloei uit die onmiddellike en direkte werking van die Heilige Gees.

DIE WAARHEID: Dit is na aan die waarheid, vir die eenvoudige rede dat ons niks lewend kan ervaar sonder die werking van die Gees nie, maar ‘n mens moet bysê dat daar baie middellike werkinge is waardeur die Heilige Gees ons bedien, waarvan die Woord ongetwyfeld die belangrikste is.

MITE 9: As ons alles ken wat in die Skrif oor die Heilige Gees geleer word, kan ons sê ons ken Hom genoegsaam en het nie nodig om allerhande ervarings te soek nie.

DIE WAARHEID: As ons alles wat die Woord oor die werkinge van die Heilige Gees leer ervaar, hoef ons niks meer te soek as nog van dieselfde nie, maar daar is egter ook ‘n groot verskil tussen kennis van iets en ‘n persoonlike ervaring van dit waarvan ons kennis dra.

MITE 10: Ons hoef nie te konsentreer op die objektiewe lering oor die Heilige Gees in die Skrif nie, maar moet Hom liewer ken deur ervaring.

DIE WAARHEID: Die objektiewe feite oor die Gees in die Skrif is daar beide om ons in te lei in die volle ervaring wat God vir ons in gedagte het en ook om ‘n objektiewe standaard daar te stel waaraan ons kan toets of ons nie mislei word nie.

MITE 11: Die Heilige Gees se bediening gaan primêr oor allerhande charismatiese ervarings, fisiese wonderwerke en gawes.

DIE WAARHEID: Soos ons reeds gesê het, is die Heilige Gees se primêre bediening om Christus se Persoon en afgehandelde werk aan en in ons te openbaar.

MITE 12: Ons moet glad nie fokus op die bonatuurlike uiterlike werkinge van die Gees soos fisiese wonderwerke en gawes nie. Ons moet dus nie ervarings van die Heilige Gees soek nie.

DIE WAARHEID: Dit wat die Skrif ons leer oor die bedieninge en manifestasies (in die Bybelse sin) van die Heilige Gees in die Nuwe Testament mag ons nie net beleef nie, maar moet ons ook begeer. Dit is egter nie vir onsself nie, maar vir die uitbreiding van die koninkryk en die seën van andere (sien Lukas 4:14-19). Onthou ons staan as gemeente onder die salwing van Christus (Kol. 2:19).

DEFINISIE

  • Al is Hy die Gees van lewe, vrede, liefde, ens. word Hy die Heilige Gees genoem, want Hy demonstreer in Sy persoon en bedieninge die hoofkenmerk van die drie maal heilige God, naamlik heiligheid.
  • Ons kry ‘n goeie beeld van Jesus, die vleesgeworde Seun van God, in die Evangelies en ons verstaan vaderskap en daarom God die Vader, maar die Heilige Geesis anders, omdat daar niks is waarmee ons Hom kan vergelyk nie. Daarom is ons totaal afhanklik van die Bybelse gegewens en moet ons streng daarby bly.
  • Omdat die Heilige Gees nie ‘n liggaam het soos ons dit verstaan nie is dit moeilik om in te dink dat Hy ‘n persoonis. Ons self sal egter na ons dood ‘n ander soort liggaam hê.
  • Die Heilige Gees is God.
  • Die Gees van die Vader en die Seun: Hy gaan uit van die Vader en die Seun en bring die realiteit van die Vader en die Seun in ons lewens, maar tog moet Hy ook onderskei word van hulle. Hy kan egter nie geskei word van hulle nie.
  • Die Hooffunksies van die Drie-eenheid in terme van die mens (in die breë gesien): Die Vader is die Skepper, die Seun (Jesus) is die Verlosser en die Heilige Gees is die Herskepper.
  • Die bediening van die Heilige Gees moet onderskei word van die bediening van Jesus. Indien dit nie gedoen word nie is die gevolg verwarring, geestelike onvolwassenheid en selfs dwaling.
  • Die belangrikste bediening van die Heilige Geesis om die verlossing van Jesus te laat realiseer in ons lewens:

(1)Gebore en in ons gebore deur die wedergeboorte.

(2)Geleef en leef nou in ons.

(3)Gesterwe en ons saam met Hom.

(4)Begrawe en ons saam met Hom.

(5)Opgestaan en ons met Hom.

(6)Opgevaar en ons sit nou saam met Hom in hemelse plekke.

  • Die Heilige Gees werk primêr deur die Woord, maar ook direk in ons gees, want ons is mos nuwe skepsels, geesmense, wat Sy werking kan akkommodeer. Ons het ‘n nuwe hart ontvang en innerlike ore om te hoor en oë om te sien. Ons is wederbaar deur die Gees sodat ons ontvanklik kan wees vir die werking van die Gees. Daarom moet ons nie blind wees nie, maar verstaan hoe en wat God in en deur ons werk en wil werk.

Hy dring (constrains) en weerhou (restrains).

Hy oortuig (convicts).

Hy maak gewillig (Fil.2:13).

Hy gee krag (Hand. 1:8, 4:33, ens.).

Hy openbaar (1 Kor. 12:7, Gal. 2:2, Efes. 1:17).

Hy werk die liefde van Christus en die ander karaktertrekke van Christus in en deur ons:

Romeine 15:30 Maar ek vermaan julle, broeders, by onse Here Jesus Christus en by die liefde van die Gees, om saam met my in die gebede te stry vir my by God,

Kolossense 1:8 wat ook julle liefde in die Gees aan ons te kenne gegee het.

Galasiërs 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.

Hy vertroos:

Handelinge 9:31 En die gemeentes deur die hele Judéa en Galiléa en Samaría het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder.

Hy tree in vir ons in met onuitspreeklike sugtinge en is dus die dryfkrag agter ons gebedslewe:

Romeine 8:26-27 En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. 27 En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.

Ensovoorts, ensovoorts…

ALGEMENE TEKSTE

Jesaja 11:1-2 Maar daar sal 'n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en 'n loot uit sy wortels sal vrugte dra; 2 en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die HERE.

Die volgende is ‘n baie algemene indeling van tekste oor die Heilige Gees in die Nuwe Testament:

AANBIDDING

Johannes 4:23 Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.

Johannes 4:24 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

BEDIENING IN DIE GEES

1 Korinthiërs 12:3 Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus 'n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.

2 Korinthiërs 6:6 in reinheid, in kennis, in lankmoedigheid, in vriendelikheid, in die Heilige Gees, in ongeveinsde liefde;

1 Thessalonicense 1:5 Want ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en in volle versekerdheid, soos julle weet hoedanig ons onder julle om julle ontwil gewees het.